Maandag 10 Junie 2013

Rooi, wit en swart - troue

Die tema vir hierde troue was die tema wit, swart en rooi.  Met drie lae omring met swart lint, stroom rooi rose van die boonste tot die onderste laag af, versier met takkies met fyn wit blommetjies op.

Sneeuvroutema - verjaarsdag

Mens kan mos nie hierdie oulike, pienk skeppings sneeumanne noem nie? Agt sneeuvroue, agt kersies op die agste verjaarsdag. Om die sneeuvroue pienk sterretjies en silwerballetjies versprei.

Sondag 09 Junie 2013

Bytjie-tema - verjaarsdag

Verjaarsdagskoek in die vorm van 'n by.  Gelatinvlerke op die rug en 'cupcakes' met blomme op groen langs die kante.

Iron Man - verjaarsdag

Ironman. Verjaarsdagkoek.  Wat meer kan mens sê? Geel en rooi, met klein bietjie blou.

Minni en Mickey Muis - verjaarsdag

Vir haar 1ste verjaarsdag, het hierdie meisie Minni en Mickey Muis op 'n pienk koek gekry. Die 'birthday Girl' kers is deur die kliënt verskaf.

Dora-tema - verjaarsdag

As jy bekend is met die reeks 'Dora the Explorer' sal jy hierdie karakter herken. Hierdie karakter op 'n geel agtergrond met 'n blou, pienk en rooi sterre.

Blomtema - verjaarsdag

Die verjaarsdagkoek se tema is gebou op blou, oranje en pienk blomme.  In die middel is 'n sonbesie om die koek meer diepte te gee.
Hier is die sonbesie meer duidelik.

Engeltjie 'cupcakes' - ooievaarstee

Vir hierdie dogtertjie het die moeder besluit op 'n feëtjietema op die 'cupcakes' vir die ooievaarstee.

Babas met blou mussies 'cupcakes' - ooievaarstee

Met hierdie ooievaarstee het die gelukkige ma 'n seuntjie verwag en die mussies en fopspene was dus blou.  Bietjie rooi kleursel het die wangetjies laat bloos.

Bikini 'Cupcakes' - hennepartytjie

Hierdie 'cupcakes' is vir 'n hennepartytjie ('bachelorette party') gemaak.  Pers, pink en swart bikini's op wit versiersuiker.

Skoentemakoek - verjaarsdag

Hier het ons 'n verjaarsdagkoek met 'n skoentema.  Die koek self is 'n swart en pienk skoenboks met twee skoene daarop en die dame se naam en ouderdom.

Hennetjiekoek - verjaarsdag


Verjaarsdagskoek met hoendertema.  Die 'cupcakes' het grassies op tesame met sjokolade-eiertjies.

Saterdag 01 Junie 2013

Eerste inskrywing

Hierdie is die tydelike tuiste vir O Koek!, Bloemfontein, wat die portefeulje sal wees vir die koeke wat ek bak.  Deur die loop van die volgende week, sal ek die koeke plaas wat ek al gebak het.  Enige bestellings kan deur okoekbfn@gmail.com geplaas word.

Hou hierdie spasie dop!